pep.zone
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


delwer - Newest pictures
donkiekar.pep.zone

*~*SIELEDELWER*~*


Jy se n myner delf en grawe en grou
diep onder die ruwe aarde
verby rots en klip
elke dag vol nuwe moed
om uit te kom by die goud -
dit is vol van waarde.

En dan nog, moet dit eers deur vuur
gelouter word, gesuiwer
om die prag daarvan te aanskou:
hope sand uit die aarde gestort -
kan jy dit gebruik om iets mee te bou?

So se jy is die mens - onvolmaak
die sand is die sonde
wat jy om hom losmaak,
die hardheid van die mens die klip en rots,
die goud die volmaaktheid en onverganklikheid van die siel -
God se trots.

Die vuur die Woord uit God se mond
smelt die aarde en verganklike;
en gee aan ons n nuwe verbond -
op die einde van die dag
is dit die belangrikste.

O wyse man se net aan my
wat as jy iets anders sou kry?
En sou my trane soveel soos
diamante kos of goud?
of dieselfde as
n handvol sout.

DEUR: COELEEN FOURIE


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.