pep.zone
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


greater than any hero - Newest pictures
mericale.pep.zone

Die Groot Waarheid

Lees-Jesaja 10:28-34 en Jes.11:1-8.

Maar dan sal die Here ons God,die Almagtige,die takke van die bos,Assirië,met geweld afkap(vers 33)~"Soek vir my die 1 univesele waarheid en dan graveer jy dit op hierdie ring,"het die koning in 'n bekende verhaal sy wyse raadgewer beveel.
Die wyse man het deur die wêreld gereis en uiteindelik die antwoord gekry.Hy het die ring teruggebring en aan die koning oorhandig.Op die ring was gegraveer:"Ook dit sal verbygaan." Juda het aanvanklik gevra dat Assirië hulle moet kom help teen die Arameërs en Israel (2 Kon.16:7).Daarna het die Assiriërs die groot bedreiging geword.
Die mense van verskeie stede het vreesbevange uit hulle tuistes gevlug (29b-31).Alles het verlore gelyk.En dan kom vandag se teks wat begin met:"Maar dan sal die Here. . . " Elke keer as dinge so hopeloos lyk,word alles omgekeer as daar 'n "maar God" bykom.Hy is die Almagtige en Hy kan alles,selfs die slegste onstandighede verander.~PRYS DIE HERE!
*~*~*~*~*~*~*~*~
Ek weet nie wat vandag jou groot uitdaging is nie.Dalk is daar probleme by die werk,of in die huis,of met jou kinders,of met jou verhouding/huwelik.Dalk is dit 'n lewensbedreigende siekte of 'n natuurramp.Moenie moedeloos raak nie.God is nog daar.Ook hierdie swaar sal verbygaan ~ God sal daarvoor sorg.Wat 'n wonderlike wete,dat ons altyd weet God is daar vir my en jou!
GEBED:Dankie dat U in beheer van alles is,Here.Ons verstaan nie altyd waarom dinge oor my kom nie,maar ek wil vir U sê dat ek U vertrou.Dankie dat ons U stem kan hoor en my bx U vaandel kan skaar,Here Jesus. Amen.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.