pep.zone
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


Newest pictures Animation Animated
mericale.pep.zone

GOD HET GEEN STOM KINDERS NIE

Jeremia.1:9.Hy het sy hand uitgesteek,my mond aangeraak en vir my gesê:Ek het nou my woorde in jou m

Mond gelê....Party mense praat hopeloos te veel en stel hulle tong op die manier in diens van die bose.Ander mense is weer stom wanneer hulle moet praat en bereik op die manier dieselfde resultaat.Hoe dikwels bevind jy jouself sonder woorde?
Iets moet gesê word:'n beskuldiging moet weerspreek word;'n verkeerde insinuasie moet uitgedaag word;iemand se karakter moet verdedig word-en jy bly stil!Dit was die ondervinding van talle mense wat uit verleentheid,of vanwee 'n minderwaardigheidsgevoel,onsekerheid of vrees,die
Geleentheid onherroeplik laat verbygaan het om iets te sê wat gesê moes word.Hierdie sóórt situasie ontstaan so dikwels wanneer daar in vergaderings debat gevoer word.Veral vergaderings van evangelie.Paar mense oorheers die gesprek en demoraliseer die ander só met 'n gevoel van minderwaardigheid dat dit hulle dwing tot swye.
Intussen kon en moes hulle 'n belangrike bydrae gemaak het om die debat sinvol te maak.In al jou handelinge,of dit in besigheid of in plesier;geestelike of wêreld sake,sal jy gróót troos,bemoediging en voordeel vind deur na die wil van God te soek sodat jy die regte ding kan doen en sê.Bly altyd sensitief vir die werk van die Heilige Gees in jou lewe.Volg onbevrees sy leiding wanneer jy moet praat.
Christus het self belowe:"Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees. . . "[Hand.1:8.] Deur in gereelde gemeenskap met Christus te bly,sal jy jouself in harmonie vind met sy wil.Deur sy krag en die leiding van die Heilige Gees behoort jy nooit te vrees om te sê hoe jy voel nie.
"Leidsman ook van dit wat ek moet sê,staan my deur U Gees by om te sê wat ek met oortuiging glo,reg is."

Lees.asb Jeremia 1:1-12.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.